Monument vir die vermoorde Jode van Europa

'n Lugfoto van die monument

Die Monument vir die vermoorde Jode van Europa (of Joodse Volksmoord-monument vir kort; Duits: Denkmal für die ermordeten Juden Europas) in die Duitse hoofstad Berlyn is ter herdenking van die Joodse burgers opgerig, wat tydens die Sjoa (of Joodse Volksmoord) deur die Nasionaal-Sosialistiese Party (ook bekend as die Nazi-Party) vermoor is.

Die monument het tussen 2003 en die lente van 2005 op 'n oppervlakte van sowat 19 000 vierkante meter naby die Brandenburgse Poort (Brandenburger Tor) in die middestad van Berlyn volgens 'n ontwerp van die Amerikaanse argitek Peter Eisenman ontstaan. Die monument is op 10 Mei 2005 plegtig ingewy en staan sedert 12 Mei 2005 oop vir besoekers. In sy eerste bestaansjaar is die Sjoa-monument deur sowat 3,5 miljoen mense besigtig.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search